best html templates


Selfsorg Vakansie Woonstelle in Amanzimtoti

Kom ontspan in een van ons vakansie woonstelle, direk op die strand geleë met `n pragtige en onbeperkte seeuitsig...

Mobirise
Mobirise

Strandburg 306

3 slaapkamer, 2 badkamer (hoof en suite). Slaap 6.

Mobirise

Strandburg 505

2 slaapkamer, 1 badkamer + aparte stort en wasbak in hoof slaapkamer. Slaap 6.

Mobirise

Strandburg 606

3 slaapkamer, 2 badkamer (hoof en suite). Slaap 6.

1

Gemoedsrus:

Die woonstelkompleks is ten volle omhein met elektroniese toegangbeheer (insluitend strand toegang).
Sekuriteitswag op perseel van 18H00 – 06H00 buite seisoen en 24 uur binne seisoen. 
Veilige parkering (1 voertuig per woonstel) is ingesluit by die tarief.
Addisionele voertuig of sleepwa parkering is beskikbaar teen `n ekstra fooi (indien vooraf gereël).

2

Gemak:

Vol kombuis met elektriese ketel, yskas/vrieskas, mikrogolf, stoof en oond in elke woonstel.
Linne en breekware word voorsien (bring asb eie handdoeke).
Gemeenskaplike braai area op perseel.

3

Gerief:

Kleur TV met DSTV dekodeerder in elke woonstel (bring net eie slimkaart).
Strandburg 306 en 606 het beide `n wasmasjien.
Strandburg 606 het `n skottelgoedwasser.
Skoonmaak- en wasgoeddienste is beskikbaar teen addisionele koste.

Mobirise

Direkte toegang tot die strand...

Die Strandburg woonstelblok is direk op die strand gelëe met direkte toegang tot die strand area.

Mobirise

Amanzimtoti Hoof Strand...

Amanzimtoti se hoof swemstrand is 300 meter vanaf die woonstel - geen rede om parkering te soek of jou voertuig in die warm son te laat staan nie.

Mobirise

Waterpark...

Die Splash Water World waterpark is stap-afstand van die woonstel op die hoof strand. Ma en Pa kan onstpan terwyl die kinders in die water baljaar.

Mobirise

Te eet en drink...

Restaurante op die hoof strand is naby genoeg om vinnig iets te kry om te eet of die dors te les sonder om in die motor hoef te klim.

Mobirise

Hou die kinders besig...

Vir daardie dae wat die son dalk agter die wolke wegkruip is daar die Galleria Mall (5km) met verskeie opsies om die kinders besig te hou.

Tariewe

Kontak ons gerus vir tariewe en spesiale aanbiedinge.

1.  Strandburg is `n privaat woonstelkompleks. Die woonstelle in die kompleks behoort aan verskillende eienaars. Hierdie webblad verwys na eenhede 306, 505 en 606 uitsluitlik.

2. Gaste onderneem om die Strandburg woonstelkompleks se reëls en regulasies na te kom (voorsien saam met kwotasie).

3. Gaste het toegang tot een (1) gratis voertuig parkeerplek per woonstel. Indien beskikbaar kan addisionele parkering vooraf gereël word teen `n addisionele koste.
Voertuie mag slegs geparkeer word in die aangeduide parkeerplek(ke) soos aan u toegeken.

4. Rook is streng verbode in al die woonstelle.

5. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

6. Geen braaiers of oop vure (hout, gas of houtskool) word in die woonstelle of op die balkonne toegelaat nie. Maak asb gebruik van die gemeenskaplike braai area.

7. Vuurwerke mag nie op die perseel afgevuur word nie.

8. Wees asseblief bedagsaam teenoor ander gaste deur geraasvlakke so laag as moontlik te hou. Geen geraas of harde musiek na 22H00 nie.

9. Vullisdromme word verskaf op elke vloer. Vullisdromme is ook beskikbaar op die grond vloer en by die braai area. Geen warm as of vlambare middels mag in die vullesdromme geplaas word nie.

10. Geen wasgoed mag op die balkonne of uit die woonstel vensters gehang word om te droog nie.


1.  Tariewe gelys op hierdie webblad is onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisghewing. Bevestiging van tariewe en depositos word gedoen by wyse van `n skriftelike kwotasie per epos.

2. Betaling van die deposito (60% van totale tarief) moet geskied voor of op die keerdatum wat op die kwotasie aangedui word om die bespreking te bevestig.

3. Betaling van die volledige bedrag moet 7 dae voor die okkupasie datum geskied.

4. Versuiming om die deposito voor of op die keerdatum te betaal sal daartoe lei dat die bespreking sonder vooraf kennisgewing gekanselleer word.

5. Versuiming om die volledige betaling 7 dae voor okkupasie te doen sal lei tot kansellasie van die bespreking en `n 25% verbeuring van die deposito betaling reeds ontvang.

6. Enige verandering of kansellasie van besprekings moet skriftelik gedoen word (via epos).

7. Indien `n bespreking gekanselleer word sal deposito(s) wat reeds betaal is slegs volgens ons kansellasiebeleid terugbetaal word:
* meer as 30 dae voor okkupasie = 100% terugbetaing.
* meer as 7 dae voor okkupasie = 75% terugbetaling.
* minder as 7 dae voor okkupasie = 0% terugbetaling.

8. Geen gelde sal terugbetaal word indien gaste voortydig vertrek nie.

Tyd van aankoms: 12H00 – 18H00

Tyd van vertrek: 10H00

Mobirise

Kontak ons gerus vir enige navrae oor beskikbaarheid, spesiale aanbiedinge ens.

 101 Beach Rd, Amanzimtoti, KZN, SA

Foon: +27(0) 82 414 0463  of +27(0) 82 444 0873
Epos: info@totiwegbreek.co.za

Deel ons webblad met vriende en familie...